Nov 2, 2011

Snaakse Segoed

Hierdie gekry by my goeie vriend

· ’n Oop bek soos ’n gaar vis
· Sy het so baie plooie sy skroef haar hoed vas
· Ek is nou so opgewonde soos ’n budgie op steroïdes!
· Ek is nou so lus vir ’n Rennie ek eet sommer ’n pastei
· Jy is so skeel, jy kyk jouself in die oë
· Van sit en staan is lê die lekkerste
· Hy is so kort, hy weet nie of hy keelseer of aambeie het nie
· Hy is so kort dat hy sy onderbroek se pype omslaan
· Hy is so skelm, hy bid onder ’n skuilnaam
· Ek sit nou so lekker sek staan sommer op en sit weer
· So lang gesig soos ’n bok wat afdraand vreet
· Ek is so suksesvol da ek die lottonommers verkeerd invul
· Ondervinding is iets wat jy kry eers nadat jy dit nodig het
· Ek is so die hel in ek soen sommer ’n pofadder oopmond
· Arende vlieg dalk hoog, maar muishonde word nooit deur ’n vliegtuigmotor ingesuig nie.
· Die mens word op aarde geplaas om ’n sekere aantal werk te doen. Op hierdie stadium is ek so ver agter ek sal nooit kan doodgaan nie.
· Ons kan nie almal se helde wees nie, iemand moet langs die pad staan en hande klap.
_______________________
Laat my weet van enige snaakse segoed wat jy met ons kan deel...


No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.