Nov 2, 2011

Snaakse Segoed

Hierdie gekry by my goeie vriend

· ’n Oop bek soos ’n gaar vis
· Sy het so baie plooie sy skroef haar hoed vas
· Ek is nou so opgewonde soos ’n budgie op steroïdes!
· Ek is nou so lus vir ’n Rennie ek eet sommer ’n pastei
· Jy is so skeel, jy kyk jouself in die oë
· Van sit en staan is lê die lekkerste
· Hy is so kort, hy weet nie of hy keelseer of aambeie het nie
· Hy is so kort dat hy sy onderbroek se pype omslaan
· Hy is so skelm, hy bid onder ’n skuilnaam
· Ek sit nou so lekker sek staan sommer op en sit weer
· So lang gesig soos ’n bok wat afdraand vreet
· Ek is so suksesvol da ek die lottonommers verkeerd invul
· Ondervinding is iets wat jy kry eers nadat jy dit nodig het
· Ek is so die hel in ek soen sommer ’n pofadder oopmond
· Arende vlieg dalk hoog, maar muishonde word nooit deur ’n vliegtuigmotor ingesuig nie.
· Die mens word op aarde geplaas om ’n sekere aantal werk te doen. Op hierdie stadium is ek so ver agter ek sal nooit kan doodgaan nie.
· Ons kan nie almal se helde wees nie, iemand moet langs die pad staan en hande klap.
_______________________
Laat my weet van enige snaakse segoed wat jy met ons kan deel...


GrapJe"......

Ka#las loop met ‘n spul sinkplate onder sy arm die straat af. Sy pel vra: “Wat is daai?”
Ka#las: “Ek is vanoggend geskei en ek het die huis gekry.”


Dagse!

Dagse julle, man maar ek is bly om hierdie blad oop te kry. Dit is seker vir die meeste van julle snaaks dat mens die lewe so openbaar aan die wereld maar laat my toe om vir julle te se: dit is KOKKEROT HOT!! kom geniet die uitstappie saam.